Tuis
Die naweek van 29 Januarie 2012 PDF Druk E-pos

Jaartema : Liefdevolle verhouding

Sondag 29 Januarie 2012  Oggenddiens gelei deur Ds Dreyer Potgieter

God se Ewige sorg vir ‘n sterflike mens

 

Hoe ouer mens word hoe meer begin jy jou sterflikheid besef. As kind dink jy nie eers aan die dood nie, dit is nie eers deel van jou woordeskat nie. Maar soos jy ouer word begin mens besef dat hierdie liggaam weer stof sal word. Mens beleef dit nie net aan jou lyf nie, maar ook deur dit wat met jou oor tyd gebeur: Deur ons lewe beleef ons ervarings wat ons seermaak en afbreek, fisies sowel as geestelik. Dan word ons bewus van hoe verganklik ons lewe eintlik is. Word ons gekonfronteer met die dood wanneer een van ons geliefdes sterf, dan weet ons dat ons lewe hier op aarde regtig net tydelik is. Die wonderlike is egter dat hoe meer ons bewus word van ons eie nietigheid, hoe meer kom ons onder indruk van God se ewigheid.

 

Met die eerste oogopslag wil dit voorkom asof die digter van Ps. 90 homself ook in hierdie dinge vasstaar – asof hy net donker en swaar sien, asof die lewe eintlik vir hom doelloos en nie die moeite werd is nie. Maar, as ons mooi lees, sal ons agterkom dat daar in Ps. 90 ‘n geweldige troos vir kinders van God lê. Daarom is ons tema vanoggend: God se Ewige sorg vir ‘n sterflike mens. Ons gaan hierdie tema vanuit drie hoeke belig:

-          God Drie-Enig, ‘n Ewige wese

-          Die mens: sondig en sterflik

-          Ons kan pleit op God se ewigheid

 

Ds Willem preek Sondagoggend by Wierdapark met Ds Awie Verhoef se 10 jaar bediening as predikant by Wierdapark wat herdenk word.  Ds Willem verteenwoordig die Klassis.

Sondag 29 Januarie 2012 Aandbyeenkoms en Katkisasie om 17:00 (Ds Willem Kotze)

            Nederlandse Geloofsbelydenis art. 2/ Psalm 19 – God se Openbaring.

 

Ons leer uit die Bybel dat die Here Homself op 2 veskillende wyses aan ons openbaar, nl die skepping, en die Woord. Deur die skepping noem ons die algemene openbaring, en deur Sy Woord die besondere openbaring. Met ons Skrifverklaring uit Psalm 19 wil ons probeer vasstel wat hierdie “openbaring” van God beteken, en watter boodskap die Here daardeur aan ons wil deurgee.  

           

 Onthou:

 

Elke eerste Sondag van die maand is die Katkisasie na die Oggenddiens en dan is daar geen aandbyeenkoms nie. Volgende Sondag is daar dus Katkisasie na die Oggenddiens.

 

 

Gemeentevergadering

 

Volgende Sondag 5 Februarie 2012 het ons ‘n kort gemeentevergadering direk na die oggenddiens (terwyl die kinders katkisasie het).  Probeer asb om daar te wees aangesien daar belangrike inligting deurgegee gaan word.

 

Jaartema en Missie          Liefdevolle verhouding

 

Om iemand te ken, is om `n verhouding met daardie persoon te hê. Hoe meer intiem die verhouding is, hoe beter sal jy daardie persoon ken en verstaan. Indien jy slegs berigte hoor en lees aangaande `n persoon, sal jy nooit daardie persoon werklik ken nie. Alleenlik wanneer jy die persoon ontmoet het, en `n een tot een verhouding met daardie persoon oor `n tyd het, sal jy die persoon werklik kan ken. Sonder `n ontmoeting en `n persoonlike verhouding sal jy slegs van daardie persoon weet.

 

Dus om in liefdevolle verhoudings te groei hierdie jaar gaan dit van ons vra:

·         ‘n ontmoeting met God waarin ons God beter te leer ken.

·         tyd saam met my gesin waar ons saam in ontmoeting met God is.

·         tyd saam met my medegelowiges om hulle te leer ken.

·         En my tyd te gebruik wanneer ek op die markplein is om hulle God drie-enig te laat ken.

Kwartaal 1

Oggend

Leer God ken: NGB 1

Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar:

 

Tema

Sondag

1.    ’n Enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem. Hy is ewig,

29 Januarie

2.  Onbegryplik,

5 Februarie

3.  Onsienlik,

12 Februarie

4.  Onveranderlik,

19 Februarie

5.  Oneindig,

26 Februarie

6.  Almagtig, 

4 Maart

7.  Volkome wys,

11 Maart

8.  Regverdig,

18 Maart

9.  Goed en die alleroorvloedigste fontein

     van alles wat goed is.

25 Maart

 

Aand:

Die aandbyeenkomste gaan handel oor: Hoe ek God leer ken: NGB 2-7 en Kanoniek

 

 
'n Groot dankie! PDF Druk E-pos

Met Sondag 28/08/11 se spesiale kollekte is die bedrag van R17 132.15 ingesamel.

Die Here is goed, Sy werk in menseharte Geesvervuld, en u gesindheid onbeskryflik!

DANKIE!  Ds Willem en Ds Dreyer

 

Soektog

Hierdie Maand

Geen gebeurtenisse

Foto's

© 2010 Gereformeerde Kerk Rooihuiskraal. Gebruiksvoorwaardes geld.